By Blou Bles Bliksem luister ons as Ons Mense praat…en julle het gepraat! Met virusse, pandemies en ander magte wat alles doen om ons mense, ons kultuur en ons leef wyses te bedreig, het ons span besluit om ‘n plan te maak.

Ons het gaan lees, ons het gebel en ons het gaan kuier… en ons het die oplossing vir die dors in die land gekry. 

BIER in ‘n BOKS! 

Bier in ‘n Boks bevat alles wat jy nodig het om jou eertse 20l bier by die huis te maak….en dit is so eenvoudig, selfs n man met ‘n rooi berret kan dit doen!

Met verskillende variante is daar iets vir elke smaak!

Saam met ons plaaslike bier meester vriende is ons besig om ons tuis-maak afdeling meer te maak as net ‘n bier stel.By Blou Bles Brouery kry jy alles en nog meer om jou tuis gemaakte geluk soos ‘n pro te doen

Maak kort kort ‘n draai vir toekomstige dinge soos tuismaak gin,whiskey en brandewyn, asook tuismaak kaas….Binnekort beskikbaar.

Laat weet ons ook dadelik as jy opsoek is na iets wat nog nie in die winkel is nie..Ons Mense sal dit vir jou gaan kry!


Kry jou Bier in ‘n Boks vandag en geniet tuis gemaakte geluk…

 

WETLIKE KENNISGEWING

Is dit wettig om my eie bier in Suid-Afrika te maak?

Huisbrou is in Suid-Afrika wettig vir persoonlike verbruik, en daar is geen beperkings op hoeveel jy kan brou nie.

Dit is egter nie wettig om die tuisgemaakte bier te verkoop of vir ruilhandel te gebruik nie.