Volgens die lied “is daar n vrou wat weet wat aangaan agter elke man…” 

God het gesien die man is alleen en Hy het vir hom n maat gemaak…die vrou.

Ons geskiedenis en erfenis is gevorm deur die optrede, beskerming en ondersteuning van die vrou.. die afrikaanse vrou.

Sy is iemand wat met n paar stewels aan, haar hande vuil maak om te help kallers vang, en vanaand in al haar prag langs jou sal staan in n aandrok. Sy weet hoe om vuur te maak, die bakkie te bestuur en n pap wiel te ruil. Sy weet ook hoe om grimering te gebruik, sy ruik lekker en geniet haar vriendinne se kuiers.

Sy is ma…vir almal.

Die afrikaanse vrou weet hoe om  te versorg…sy is gebore met die goddelike diere instink om te beskerm wat hare is… en sy sal.

Jy hanteer die afrikaanse vrou met versigting en liefde… en laat haar toe om haarself te wees.

Ons weet hierdie dinge. Ons produkte is hand gekies volgens ondervinding en vele, vele laat nag gesprekke met die skoner geslag.

So, trek uit jou glas skoentjies, kry vir jou ´n paar vellies, en dans in die rëen!