Die kombuis was nog altyd die plek waar ons mense bymekaar gekom het. In die kombuis is daar beplan, gesels en koffie gedrink. Die kombuis was ook die plek waar daar gebid is, Boekevat gehou is.

Maar die kombuis is meer as dit. Dit is die vroegoggend reuk van koffie en slap pap….waar Ouma se beskuit en bobotie aan mekaar gesit is. Die plek waar Pa saam met Oupa die biltong reg kry vir ophang…. waar die yskas met melktert en sago gekry kan word. 

Ouma het dit “onthou kos” genoem… 

Die plek waar daar elke dag met liefde gesorg word dat niemand honger is nie.

Suid Afrika is ryk aan tradisionele asook unieke geregte. Geregte wat gepaard gaan met bykosse wat net ons kan maak. Nastergal konfyt.Boerbrood. Anys beskuit. Ons eie weergawe van souse.Oupa se braai spesserye. Boer koffie. …te veel om te noem.

In Die Kombuis poog ons om hierdie verborge skatte en kennis weer te laat herleef. Ons is konstant op soek na nuwe vars idees en nie- bederfbare produkte om ons winkel uit te brei.

Maak seker jy besoek Die Kombuis vir n stukkie onthou kos.