De La Rey, Woltemade, Danie Theron,Blikkies Joubert, Dok Craven en Rassie… manne met yster…met durf… integritet…en manne wat trots was op hul herkoms en dit waarvoor hulle staan.

Ons erfenis is ryk met manne wat kom opstaan, kon saam staan vir dit waarin hulle glo…vir hulle mense. Daar is n staaltjie dat Generaal Patton tydens WWII geglo het hy sal die duitsers van die aardbol kan verwyder met slegs twee “boere bataljons”…

Die Afrikaanse man was nog nooit bang nie…vir niks nie! Manne wat ewe maklik n trekker bestuur as wat hy sy vrou op die dansbaan kan lei. Wat n bees kan merk met dieselfde liefdevolle hande waarmee hy sy dogter omhels. Wat sy hande sal afwerk om te kan sorg…maar as jy nou wil moeilikheid kry gaan peuter jy met sy mense..en jy is verseker van n pakslae…in afrikaans. 

Gee hom hom ook net n halwe kans om te kuier saam met sy mense…nog iets waarvoor ons nie terug staan nie.

Met die afrikaanse man in gedagte het ons gaan soek vir produkte wat by hom pas. Sterk, taai en gemaak om te hou.Produkte met genoeg moderne ontwerp om tog met trots gedra, gebruik en ge-eet kan word, sonder om manlikheid in te boet.

Wees n man…in afrikaans!