Wie is Ons ....

Oupa was n man met waardes … jy staan vroeg op en drink regte koffie. n Man werk eerlik en hard om vir sy mense te sorg en hy het altyd n knipmes in sy sak. Familie kom altyd eerste…ALTYD! n Vrou word met respek en liefde hanteer maar tog met versigting.Kinders word vir ons geleen deur God en dus moet ons sorg dat hulle Hom ken. Kinders moet gesien EN gehoor word. Eet gesond maar maak seker jy eet lekker. As jy dit nie self kan maak nie dan koop jy dit by iemand wat weet wat hy doen. Koop kwaliteit.Oupa het ook nie gevloek nie maar as hy die dag verkeerd gevryf is het jy dit geweet…. “jou Blou Bles Bliksem!”…. dan het kind en kraai geweet om nou uit sy pad uit te bly.

Tog het dit selde gebeur want oupa en ouma het geleef vir hull familie, kultuur, erfenis en MENSE. Hul mense. Ons mense.

Ons mense… Biltong, braaivleis en rugby.Vellies en n knipmes. Die Currie Beker en Springbokke.Tafelberg, Kruger Widtuin en Kimberley se gat. Karoo lam en Kaapse wyn. Ouma se hekel werk en oupa se pyp. Nastergal konfyt op vars boerbrood. Plaasbotter.Droogte  ….. en dan die reuk van die eerste reen.Buurman wat help om die oes van die lande af te haal en buurvrou wat n bobotie bring in tye van swaar kry. Manne wat by mekaar kom n veldbrand te stop.

Mense wat verstaan van die goeie in die lewe maar ook van swaarkry…van uitdagings,verlies en genade. Mense wat weet hoe om saam te staan wanneer dit nodig is. Mense wat weet van bid.

By Blou Bles Bliksem het ons n passie vir ONS MENSE .Ons missie is om  saam te staan en plaaslike besighede te ondersteun. Besighede wat dalk nie die kennis of geleentheid het om hul produkte by ons mense uit te kry nie. Ons winkel fokus op 100% plaaslik vervaardigde produkte. Produkte wat hand gekies word en wat deur ons mense waardeer sal word. Alle produkte word gekeur deur ons ervare span en ons maak seker dat dit aan die hoogste vereistes voldoen.

Ons weet dat dit lekker is om lekker te wees as jy lekker is!

Kom aan…wees lekker en sluit aan by ons mense…by jou mense… jy weet dit is die lekker ding!

Facebook

@Bloublesbliksem

Instagram

blou_bles_bliksem

Tiktok

Binnekort aanlyn