Bloeisels en Spruite


Rachelltjie de Beer, Dirkie Uys en meer onlangs, die Westdene busramp… Ons kinders was nog nooit bang om op te staan wanneer dit nodig was nie.

Kinders word aan ons toe vertrou en geleen deur God…maar dit kom met groot verantwoordelikheid. Ons moet hulle versorg en beskerm, voed en klee, en voorberei vir die harde wereld wat wag…

Tog is dit ons plig om hulle kinders te laat wees vir so lank as moontlik…om hulle onskuld te beskerm….en te sorg dat hul lus vir die lewe onblusbaar bly…

Met jou Bulletjie, Prinsessie en ander blikslatertjies in gedagte is ons konstant op die uitkyk vir ditjies en daitjies om ook hulle deel te maak van die Blou Bles familie.

Maak n draai in die winkel en bederf ook die jonges onder ons….in Afrikaans!