HENNIE’SVanaf 2018

Hennie’s is vernoem na die stigter, Rikus (oftewel Jonathan van RadioRaps) se bullterrier, Hennie.

Rikus het sy inspirasie gekry in Amerika en het sodoende Hennie’s se vibe en look ontwerp…American Sports Bar but with a real South African flavour. Die vibe word rerig geskep deur die massiewe hoeveelheid TV’s – BAIE, BAIE TV’s – wat elkeen sy eie decoder het sodat jy JOU sport kan kyk, maak nie saak waar jy sit nie!

Hennie’s het ook ‘n stel huisreëls wat gerespekteer moet word. Enige iemand wat die reëls verbreek (soos om nie met die linkerhand te drink nie) sal ‘n geelkaart gegee word en as jy ‘n rooikaart ontvang wanneer jou waiter sy fluitjie blaas… wel, jy kan self jou verbeelding gebruik wat dan gebeur! Die unieke playlist wat in die agtergrond speel (as daar nie ‘n massiewe game op is wat die surround sound verg nie) sluit legendes in soos Bruce Springsteen, ABBA, Creedence en vele meer! Elke liedjie is spesiaal gekies deur Rikus en liedjies word gereeld ‘ge-Schazam’ soos mense dit geniet en daarna heerlik saam sing!

Hennie’s is geplak en gepleister met fotos van Hennie en Inge (en moet nie vergeet van die jongste, Frik nie). Jy kan ook op die menu kies van, onder andere, 3 ‘signature’ pizzas: die Hennie, die Inge of die Frik. Watse een lyk soos jou tipe pizza?

By Hennie’s is jy verseker van die beste tjoppie en ‘n koue doppie wat jy kan geniet saam met ou en nuwe vriende – Suid-Afrikaners wat die liefde vir sport, goeie kos en musiek met jou kan deel!

Hennie’s het tans takke in Pretoria Moreletapark, Monument in Krugersdorp en Middelburg, en daar is binnekort nog takke wat oopmaak…hou die pers dop.

Indien daar nie n Hennie’s naby jou is nie, kan jy nog steeds n stukkie Hennie’s huis toe vat!

Kliek nou op die winkel en kry solank JOU deel van Hennie’s!