Geluk word tuis gemaak…en jou geluk is vir ons belangrik.

 

Al ons leer produkte word volgens ons vereistes en streng kwaliteit-beheer vervaardig en die produksie lyn is daarvolgens opgestel. Ons het direkte toegang tot die fabriek om enige probleme of voorstelle wat mag opkom te hanteer.

Alle leer produkte word vervaardig met eg Suid Afrikaanse bees leer wat behandel en voor berei word tot die bes moontlike gehalte.Sover moontlik, ongeveer 99%, word alle produkte met die hand gestik om vakmanskap te waarborg.

 In die bitter onwaarskynlike geval dat jy nie 100% tevrede is met ons produkte, of n produk het n fout, kontak ons onmiddelik om dit reg te stel.

Beskadiging as gevolg van gebruik of ongelukke kan ook herstel word teen n billike prys.

LET WEL: As gevolg van omstandighede waarvoor daar geen afrikaanse oplossing was nie sal ons leer produkte eers later beskikbaar wees.

Soos met ons leer produkte asook ons  passie vir wat ons doen, word ook ons klere plaaslik vervaardig van die hoogste kwaliteit plaaslike materiaal. Tot dusver is ons trots om te kan  sê dat geen van ons rou materiaal of produkte ingevoer word nie.

Alle klere word gestik volgens spesifieke patrone, kleure en ontwerpe. Die druk werk word gedoen deur verskillende modern metodes, gebasseer op kleur, ontwerp, materiaal en hoeveelhede. Ons het egter seker gemaak dat die kwaliteit van die drukwerk/kleur die hoogste moontlike kwaliteit is, duursaam is, en gewaarborg kan word.

Jy koop dus nie net n T-hemp of n paar vellies nie… jy koop langdurige, gewaarborgde, Suid Afrikaanse kwaliteit…gemaak deur JOU mense!